VIDEOS

WAT IS KORONAVIRUS?

WAT JY MOET WEETVOORSORGSIMPTOMEBEHANDELINGWAT JY MOET DOENKONTAKNOMMERS

1. Maak seker van al die simptome klik hier

2. Moenie dadelik na jou dokter toe gaan nie omdat jy ander met jou besoek kan aansteek.

3. Skakel die Suid-Afrikaanse noodnommer: 080 002 9999

4. Wees geduldig, bly kalm en volg die stappe wat telefonies aan jou gekommunikeer sal word.

5. Sluit aan by die WhatsApp-ondersteuningsgroep: 060 012 3456

6. Vermy kontak met ander mense. Bly op datum van al die nuutste Covid-19-inligting deur Solidariteit se krisissentrum, corona.org.za, te besoek


1. Maak seker van al die simptome by corona.org.za

2. Skakel jou huisdokter – moenie direk dokter toe gaan nie omdat jy ander op die manier kan aansteek.

3. Volg die stappe wat deur jou huisdokter voorgeskryf word.

4. Wees geduldig, bly kalm en sluit aan by die WhatsApp-ondersteuningsgroep: 060 012 3456

5. Vermy kontak met ander mense.

6. Bly op datum van al die nuutste Covid-19-inligting deur Solidariteit se krisissentrum, corona.org.za, te besoek.


• Bevelsentrum vir gendergebaseerde geweld (GBV) 0800 428 428 / *120*7867# vanaf enige selfoon

• Persone met gestremdhede, SMS “help” na 31531

• SAPD se Stop Misdaad: 0860 10111 / SMS-misdaadlyn: 32211

• Selfdood-hulplyn: 0800 567 567

• Suid-Afrikaanse Korona noodnommer: 080 002 9999


• Nasionale Departement van Gesondheid: https://www.health.gov.za

• Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes: https://www.nicd.ac.za

• Wêreldgesondheidsorganisasie in Genève: https://www.who.int

WAT JY MOET WEET






HOE WORD DIT OORGEDRA?

Deur kontak met ’n persoon wat siek is, veral deur middel van aanraking.

Druppelbesmetting van mens to mens.

Nies- of hoesdruppels op oppervlakke wat aangeraak word.

WIE IS IN GEVAAR?

Reeds siek: 75% van diegene wat gesterf het, het onderliggende siektetoestande gehad. Diegene met onder meer hartkwale, diabetes, respiratoriese siektes en outo-imuunsiektes is meer kwesbaar.

Ouer persone: 80% van diegene wat reeds aan die siekte gesterf het, was ouer as 60 jaar.

VOORSORG

Was jou hande gereeld en deeglik:
Was met water en seep vir 20 sekondes.

Ontsmet Met ‘n alkoholgebaseerde ontsmetmiddel met ’n minimum alkoholvlak van 60%.

Hoes of nies in ‘n sneesdoekie Of in 'n gebuigde elmboog. Gooi sneesdoekies onmiddellik weg.

Hou jou hande weg van jou gesig. Moenie ander se hand skud, hulle 'n drukkie gee of soengroet nie.

Handhaaf 'n fisiese afstand Ten minste een meter tussen jou en mense wat hoes, nies of siek is. Moenie ander se hand skud, hulle 'n drukkie gee of soengroet nie.

Ontsmet oppervlakte As jy aan 'n besmette oppervlak gevat het, kan die virus deur jou oë, neus of mond in jou liggaam opgeneem word.

Bly tuis As jy verwante simptome ervaar en siek voel.

Maskers: Gesonde persone hoef slegs 'n masker te dra as hulle 'n siek persoon versorg. Jy moet 'n masker dra as jy self siek is en hoes en nies.

SIMPTOME

Die MEESTE mense ervaar geringe verkoue-/griepsimptome: Geringe tot matige boonste-lugweginfeksie, soortgelyk aan 'n gewone verkoue.

  • Droë hoes
  • Keelseer
  • Lyfseer
  • Hoofpyn en koors wat vir 'n paar dae sal duur
  • Ligte diarree en kortasem kan ook moontlik voorkom
  • Ouer persone en dié met ’n swakker immuunstelsel kan erger simptome soos longontsteking of bronchitis ontwikkel.

5% word kritiek siek
14% ontwikkel ernstige simptome
81% ontwikkel geringe tot matige simptome

BEHANDELING

Simptomatiese behandeling:
Soos vir ‘n gewone verkoue en griep word gevolg.

Hospitaalbehandeling:
Ernstiger simptome soos longontsteking en bronchitis vereis hospitaalbehandeling.

WAT JY MOET DOEN

1. Maak seker van al die simptome klik hier

2. Moenie dadelik na jou dokter toe gaan nie omdat jy ander met jou besoek kan aansteek.

3. Skakel die Suid-Afrikaanse noodnommer: 080 002 9999

4. Wees geduldig, bly kalm en volg die stappe wat telefonies aan jou gekommunikeer sal word.

5. Sluit aan by die WhatsApp-ondersteuningsgroep: 060 012 3456

6. Vermy kontak met ander mense. Bly op datum van al die nuutste Covid-19-inligting deur Solidariteit se krisissentrum, corona.org.za, te besoek


1. Maak seker van al die simptome by corona.org.za

2. Skakel jou huisdokter – moenie direk dokter toe gaan nie omdat jy ander op die manier kan aansteek.

3. Volg die stappe wat deur jou huisdokter voorgeskryf word.

4. Wees geduldig, bly kalm en sluit aan by die WhatsApp-ondersteuningsgroep: 060 012 3456

5. Vermy kontak met ander mense.

6. Bly op datum van al die nuutste Covid-19-inligting deur Solidariteit se krisissentrum, corona.org.za, te besoek.

KONTAKNOMMERS

• Bevelsentrum vir gendergebaseerde geweld (GBV) 0800 428 428 / *120*7867# vanaf enige selfoon

• Persone met gestremdhede, SMS “help” na 31531

• SAPD se Stop Misdaad: 0860 10111 / SMS-misdaadlyn: 32211

• Selfdood-hulplyn: 0800 567 567

• Suid-Afrikaanse Korona noodnommer: 080 002 9999


• Nasionale Departement van Gesondheid: https://www.health.gov.za

• Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes: https://www.nicd.ac.za

• Wêreldgesondheidsorganisasie in Genève: https://www.who.int

BEMAGTIG JOUSELF DEUR S-LEER

Email Signup
Vir al die nuus vanaf die regering besoek die regering se Covid-19 nuusblad by www.sacoronavirus.co.za

SAKELIGA SKENK R500 000 VIR COVID-19-VERLIGTING

Die besigheidsgroep, Sakeliga, het vandag aangekondig dat dit R500 000 beskikbaar maak vir Covid-19-verligting. Aanvanklike toedelings uit die fonds sluit in R100…

Onderwys: Mag my werkgewer van my vakansiedae wegneem?

Onderwys: Mag my werkgewer van my vakansiedae wegneem om op te maak vir die dae wat leerlinge tydens die inperking…

Die handsak van die toekoms

Deur Mandy-Michelle Thackwray Ek skrik vanoggend wakker met die besef: Ek kort ’n groter handsak… Ons ken die cliché dat…

MAROELA MEDIA

Lees meer by Maroela Media

PRETORIA FM

  • 7 VOOR 7 – 7 APRIL 2020
    Dr. Jan Botha Deeltydse predikant van die NG-gemeente Mootvallei fokus op die tema:” Is daar hoop in die groot Lydensweek” The post 7 VOOR 7 – 7 APRIL 2020 appeared first on Pretoria FM. Lees meer »
  • 7 VOOR 7 – 6 APRIL 2020
    Ds. Kathleen Smith – Nederduitsch Hervormde  Kerk Kaapstad se tema:”Wie die weg na die Lig ken, het die moed om die nag in te gaan…” The post 7 VOOR 7 – 6 APRIL 2020 appeared first on Pretoria FM. Lees meer »
  • 7 VOOR 7 – 3 APRIL 2020
    Ds Pieter Le Roux van die Geref Kerk Wonderboompoort fokus op die tema: “Selfstandigheid of selfsug…” The post 7 VOOR 7 – 3 APRIL 2020 appeared first on Pretoria FM. Lees meer »
  • 7 VOOR 7 – 2 APRIL 2020
    Ds. Liesel Krause-Wiid Familiekerk, NG-gemeente Kameeldrift-Oos fokus op die tema: ”Vrees…” The post 7 VOOR 7 – 2 APRIL 2020 appeared first on Pretoria FM. Lees meer »
  • 7 VOOR 7 – 1 APRIL 2020
    Ds Cassie Aucamp van die Gereformeerde Kerk Bergsig / Andeon fokus op die tema:”Die basiese en die nooddinge van die lewe…” The post 7 VOOR 7 – 1 APRIL 2020 appeared first on Pretoria FM. Lees meer »
Lees meer by Pretoria FM

Korona Registrasie

Registreer

BV *
Klik hier vir Bepalings en voorwaardes