Onluste, plundering en veiligheidskwessies rapporteringslyn: 012 880 1979 | Beskikbaar: Ma. – Do. 08:00-16:30, Vry. 08:00-15:00

DIE SOLIDARITEIT BEWEGING STIG FONDS OM NOOD TE VERLIG

Die Solidariteit Beweging het 'n krisisfonds in die lewe geroep om die maatskaplike nood wat as gevolg van die Covid-19-krisis gaan ontstaan, te verlig. Die fonds gaan deur die Solidariteit Helpende Hand bestuur word. Die krisisfonds word onder meer ondersteun deur AfriForum, die vakbond Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand en die FAK. Volgens Hannes Noëth, uitvoerende hoof van die Solidariteit Helpende Hand, volg 'n maatskaplike krisis op 'n ekonomiese krisis. Die gemeenskap moet seker maak dat alles in plek is om mekaar te help. Die Solidariteit Helpende Hand word oorval met versoeke vir hulp vir kwesbare groepe. Ons verwag dat die nood en die behoefte al hoe groter gaan word.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gesê dat hulp aan mekaar in hierdie moeilike tyd noodsaaklik is. Die fonds het 'n ander fokus en doel as die regering se solidariteitsfonds. In 'n tyd soos dié is gemeenskapsfondse noodsaaklik. Antwoorde kan nie net van die staat af kom nie.

Die Solidariteit Beweging se Krisisfonds word deur die Solidariteit Helpende Hand se ouditeure geoudit en 'n spesiale oorsigkomitee sal sorg dra dat die geld reg aangewend word.

Die Krisisfonds gaan help met maatskaplike verligting tydens die koronakrisis en om ons kinders deur Wolkskool te help leer.

Ons moedig mense ook aan om kleinsake-ondernemings in die tyd te ondersteun. Die ondernemings op AfriForum se sakenetwerk is almal ondernemings wat Afrikaans-vriendelik is. Indien jy jou onderneming daar wil registreer, doen dit by: www.afriforumnetwerk.co.za



SKENK HIER:

  • R0.00
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Bankbesonderhede:

Rekeninghouer: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62 331 445 503
Tak: Centurion (takkode: 250 655)
Verwysing: Korona
Swift-kode: FIRN ZA JJ

SMS:

Indien jy 'n skenking wil maak maar hulp nodig het
SMS die woord HAND na 45763 (sms kos R2)

PayPal (Net Dollars "$"):

PayPal e-pos: paypal@helpendehand.co.za

PayFast:

Krediet en tjek kaarte, Instant EFT, Bitcoin, mobicred, ATM debiet kaarte (via PayD), Masterpass. Klik hier om betaling te maak

Korona Registrasie

Registreer

BV *
Klik hier vir Bepalings en voorwaardes

Korona Registrasie

Registreer

BV *
Klik hier vir Bepalings en voorwaardes