Hoe spaar ek vir my kind se toekoms?
Monday | 06 April | 2020Daar is deur die loop van die laaste paar weke geweldige skuiwe op wêreld markte en die Suid-Afrikaanse aandele beurs. Hoogte punte wat in die media bespreek word sluit in die effek van Corona 19, die petrol prys oorlog en natuurlik die nasionale ‘’Lockdown’’.
Al die onsekerheid lei ons na die vraag, wat moet ons nou doen?
Daar is drie vrae wat elke ouer moet beantwoord
Die dag wanneer jy 'n ouer word, besef 'n mens wat die doel van die lewe is. Dit is sonder twyfel die gelukkigste dag wat jy nog ooit ervaar het, maar gepaardgaande met die opwinding is daar 'n klein stemmetjie wat vra, wat hou die toekoms in vir my kind?
As 'n ouer is daar baie verantwoordelikhede op ons skouers, en van die verantwoordelikhede is om te verseker dat ons kinders die beste moontlike geleenthede kry om hul drome na te streef. Dit bring ons by drie belangrike vrae wat elke ouer so gou as moontlik moet vra en kan beantwoord:
- Hoeveel moet ek spaar vir my kind se toekoms?
- Waar kan ek my geld spaar?
- Wat gebeur as ek nie meer daar is om te spaar nie?
Om die eerste vraag te beantwoord sal afhang van hoe oud ons kinders is en wat die belegging se doelwit is. As die belegging byvoorbeeld geopen word vir 'n tersiêre kwalifikasie en die kabouter is nog jonk, het ons tyd aan ons kant.
Die konsep is die tydwaarde van geld, en dit beteken kortliks hoe langer geld saamgestelde rente verdien, hoe meer sal dit werd wees oor tyd. Dus, as ons vroeg begin spaar vir 'n spesifieke doelwit en oor 'n lang periode spaar, sal ons in randwaarde meer uitkry as wat ons oorspronklik gespaar het.
Natuurlik volg die tweede vraag, naamlik waar kan ons die geld veilig spaar? Die beginpunt is om vas te stel watter beleggingsvoertuie tot ons beskikking is. Die beleggingsvoertuig moet volhoubaar en buigbaar wees, sou ons finansiële omstandighede verander oor tyd.
Die laaste en moeilikste vraag is, wat gebeur as ek nie meer daar is om vir my kind se toekoms te spaar nie? Dit is 'n gedagte waaroor ons nooit wil dink nie, maar tog is dit 'n realiteit wat ons in gedagte moet hou.
Die eerste stap is om na jou beleggingsvoertuig te kyk en te bepaal of 'n lewensverskeringkomponent daaraan gekoppel is wat die produk sal aanhou finansier. Indien nie, hersien jou lewensversekering om die behoefte aan te pak. Laastens, maak seker daar is 'n geldige opgedateerde testament wat die beplanning saamvat sou die ergste gebeur.
Ten slotte is dit belangrik om ons kinders se drome vlerke te gee, en deur net 'n bietjie beplanning kan die geleentheid daarvoor geskep word. Begin dus so vroeg as moontlik spaar en stel doelgerigte doelwitte.
Solidariteit bied deur SFD (Solidariteit Finansiële Dienste) onafhanklike advies oor finansiële behoeftes soos aftreebeplanning, inkomstebeskerming en boedelbeplanning. Vir meer inligting, kontak ons op advies@sfdienste.co.za
* Alle inligting was ten tyde van publikasie korrek.
Foto krediet: