Dr. Bezuidenhout het sy mediese opleiding in Suid-Afrika gedoen waar hy 'n MBChB verwerf het. Hy het daarna in psigiatrie in die Verenigde Koninkryk gaan spesialiseer en het 'n MRCPsych verwerf. Dr. Bezuidenhout het in die gemeenskap, in plattelandse en tersiêre akademiese hospitale gewerk, waar hy gespesialiseerde psigiatriese sorg gebied het. Sy privaat praktyk is in 2004 gestig en hy het in dieselfde jaar by die Vista Kliniek-span aangesluit. Sedert 2009 is hy die direkteur van Vista se mediese dienste.
Dr. Bezuidenhout het al by verskeie forums oor verskeie onderwerpe van die psigiatrie opgetree. Hoogtepunte sluit in 'n voorlegging by 'n internasionale kongres en verskeie televisie-optredes. Hy was onder meer 'n mede-aanbieder van 'n reeks oor geestesongesteldheid.