
Solidariteit Helpende Hand het reeds meer as 70 Josef Silo’s op die been gebring waar nie bederfbare kos afgelewer kan word. Ons strategie vir skenkings is tweeledig, die publiek kan kos gaan afgee of ‘n kontant skenking vir ons maak om kos aan te koop deur dit aan die Solidariteit noodfonds te skenk. Om die Solidariteit beweging noodfonds en Josef Silo’s projek nog beter te bemark het ons die veldtog Houers vol Hoop begin.
Die idee is om, as jy nie kos kan aflewer by ‘n Josef-Silo nie of as daar nie ‘n Josef-Silo in jou area is nie, het jy die opsie om ‘n virtuele houer met ‘n bepaalde koste by te dra om ‘n gesin se hongersnood te verlig. Daar is besluit om ‘n waarde van R350 te gebruik vir die virtuele Houers vol Hoop, maar enige bydrae is baie welkom. Graag hou ons julle met hierdie barometer weekliks op hoogte oor hoe vêr julle barmhartigheid gestrek het.
Hierdie is die bedrag wat Solidariteit Helpende Hand tot op hede aan behoeftiges kon gee om hulle tydens die Covid 19-inperking by te staan en van noodsaaklikhede te voorsien.
012 111 8365 Of 063 408 7887
NUUTSTE ARTIKELS

https://maroelamedia.co.za/vermaak/musiek/musiekvideo-lied-werp-lig-op-afrikaner-monumente-identiteit/

https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/kospakkie-is-soos-n-kersgeskenk/

https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/bejaardes-gestremdes-behoeftiges-deur-krisisfonds-gehelp/