Onluste, plundering en veiligheidskwessies rapporteringslyn: 012 880 1979 |
Beskikbaar: Ma. – Do. 08:00-16:30, Vry. 08:00-15:00

Hierdie pandemie is nie 'n krisis wat net sekere mense raak nie; die hele Suid-Afrika is in 'n krisis gedompel.

Alle ondernemings word swaar getref, maar anders as die virus, gaan die regering na jou ras kyk en op grond van jou velkleur teen jou diskrimineer.

Die regering het dit effektief onwettig gemaak vir wit mense om 'n kleiner onderneming te besit. Die regering beveel almal om hul deure te sluit, maar befonds dan slegs dié wat aan hul rassevereistes voldoen. Solidariteit en Afriforum het reeds na die Konstitusionele Hof geappelleer om te verseker dat geregtigheid bo blatante rassediskriminasie seëvier. Hierdie saak is maar net een veldslag in ons oorlog teen die regering se rassisme. Ons moet dit verder voer. Die hele wêreld moet besef wat ons regering elke dag doen, en die regering moet daarvoor aanspreeklik gehou word.

Solidariteit neem standpunt in. Ons is op pad om die Suid-Afrikaanse regering by die hoogste owerhede ter wêreld te gaan aankla. Ons gaan 'n klagte by die Verenigde Nasies se Komitee vir die Uitskakeling van Alle Vorme van Rassediskriminasie (CERD) aanhangig maak. Die hele wêreld moet weet.

Ek sê NEE. Ek voeg my naam by die VN-massaklag.

Massaklag

Section

Section

Checkboxes

Korona Registrasie

Registreer

BV *
Klik hier vir Bepalings en voorwaardes

Korona Registrasie

Registreer

BV *
Klik hier vir Bepalings en voorwaardes