Solidariteit bring telemedisyne via ’n slimfoon-toepassing!
Friday | 24 July | 2020Gebruik Solidariteit se knoppie op die SA Doctors App om te bepaal watter Intercare-praktyk die naaste aan u geleë is. Vir ʼn afspraak kan u die praktyk skakel of self ’n aanlyn afspraak maak by https://www.intercare.co.za/bookings.
Intercare se Covid-19-adviesnommer is 086 999 0099 (weeksdae tussen 08:00 en 16:00). Indien u vermoed dat u Covid-19 opgedoen het of in kontak was met ‘n persoon wat Covid-19 het, moet dit vooraf aan die praktyk bekend gemaak word.
Indien u ʼn virtuele konsultasie verkies kan u ʼn aanlyn afspraak reël by virtuelekonsultasie.
Begin die virtuele konsultasie met die SMS- of e-posskakel wat u ontvang het.
Belangrik
- Vir iOS-toestelle (iPhone / iPad) word die Apple Safari-webblaaier aanbeveel.
- Vir Android-, Windows- en MacOS-toestelle word die Google Chrome-webblaaier aanbeveel.
- Skakel ’n paar minute voor die konsultasie aan en maak seker dat u webcam / kamera en mikrofoon werk.
Vir meer inligting, bekyk die video hier.
Bepalings en voorwaardes
- Virtuele konsultasies het beperkings en vervang nie konsultasies in die praktyk nie.
- Die veiligheid van pasiënte is ʼn prioriteit en die dokter kan meer kliniese gegewens deur ’n persoonlike ondersoek en/of fisiese laboratoriumtoets vir Covid-19 aanvra.
- Virtuele konsultasies is nie geskik vir alle gesondheidstoestande nie.
- Die meeste mediese skemas betaal vir virtuele konsultasies, maar betaling bly die verantwoordelikheid van die pasiënt.
- Die pasiënt verstaan die bepalings en voorwaardes en gee toestemming vir die virtuele konsultasie.
Afsprake kan ook gekanselleer word met die SMS- of e-posskakel wat u ontvang het.
Vir meer inligting oor die Intercare Groep, besoek gerus www.intercare.co.za.
* Alle inligting was ten tyde van publikasie korrek.
Foto krediet: bongkarn thanyakij | Pexels